1977
Em | D | Em | B7
ruk-ruk vaalwit stof deur swart oliekolle
vuilbruin korrels warrel lae daaroor heen
wapper dapper leë tjipspapiere met vetkol
en sand wat dwarsoor reën
stik-stik keelvoldik van vaal droë gras
en blare wat kraak in hul bruin
droë lote en tak dood van winter en koue
verswelg my lied
dit verdwyn
my hande dieper in my sakke gedruk
my neus raaprooi wil net loop in die wind
die leegheid in my siel van die winter en die dood
mag dit aansand deur die waai
en die wind
bring my lente en die tintelvars geure
van 'n nuwe lewe saam met jou
lente ek bid
waai weg die dood en ellende
my ou lewe en die grou
© Jacques Steyn