Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

windmeul

kring in 'n sirkel my omring
en 'n wiel draai in spiraal
met geen end of 'n begin
draai en spin in ewig draal
dis 'n węreld van karton
in 'n karnavalballon
draai gedagtes deur my kop
wentel kringe om die son

dis 'n kerkklok sonder arms
deur die aftik van die tyd
en die węreld is 'n appel
waaraan niemand meer wil byt
warrel stilweg in my ruim
net die windmeul wat basuin

in die tonnels van verstand
dwaal ek rond op soek na rus
deur 'n holte in my sand
waar die dwaling nooit berus
deur 'n deur wat ewig rondtol
in 'n halfvergete droom
is die węreld wat my omdol
steeds my lot en bitter troon

dis 'n kerkklok sonder arms
deur die aftik van die tyd
en die węreld is 'n appel
waaraan niemand meer wil byt
warrel stilweg in my ruim
net die windmeul wat basuin

sleutels klinkend in 'n slot
maar gedagtes bly kapot
is die somer nou 'n winter
dat die bloeisels nie wil bot?
sien ek liefde langs die seestrand
en 'n voetspoor in die sand
is daai veraf klinkend dreuning
net die vingers van jou hand?

prente hang rond in hul rame
in die doolhof van my gees
halfvergete plek en name
maar wie kan dit tog wees?
toe jy weet dit is nou klaarpraat
het jy skielik dan besef
dat die dooie blare groen word
en die somer ons weer tref?

dis 'n sirkel wat steeds draai om en om en my laat raai met geen end of 'n begin deur ewig draal omring en die beeld homself ontwring dwarrel stilweg in die lug net die windmeul met sy sug