Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies
Sysagte nagte
Sysagte nagte
sonder 'n end
droomgly gedagte
wat is bekend?
Gesigte wat vlug
jou oë drup hier voor my
my pen rits in vrug
deur glysagte sy
en ek mis jou
ek mis jou
aaa, ek mis jou
Oral net mense
soms hand in hand
waar lê die grense?
dis bo my verstand
Wie sou my dan kon sê
dink jy jy sal verstaan?
Antwoord wat ek sou kon hê
vir ewig vergaan
en ek mis jou
ek mis jou
aaa, ek mis jou
Sysagte nagte
sonder 'n end
droomgly gedagte
wat is bekend?
Gesigte wat vlug
jou oë drup hier voor my
my pen rits in vrug
deur glysagte sy
en ek mis jou
ek mis jou
aaa, ek mis jou