Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies
Storie van liefde
My storie 'n storie van liefde
my klagte 'n klag
van twee harte
'n roman
soos so baie ander
'n roman
soos ook joune
van mense hier
en van êrens ver
'n vlam wat brand
sonder verbrand
'n droom gedroom
sonder slaap
toringhoog
'n boom
wat kragtig staan met die
sagtheid van die dag
'n storie van liefde
vir ewig en van oral
met elke dag sy goed
maar ook sy hel
'n tyd vir oë wat glinster skyn
'n tyd vir ver verdwyn
angs wat broei in die nag
soggens wat gloei met lag
my storie 'n storie
wat ons almal ken
'n storie
wat ons almal vertel
dis so oud
en tog so nuut
die enigste lied
wat ons
nooit kan ophou sing
My storie 'n storie van liefde
my klagte 'n klag
van twee harte
'n roman
soos so baie ander
'n roman
soos ook joune
van mense hier
en van êrens ver
'n storie van liefde
vir ewig en van oral
met elke dag sy goed
maar ook sy hel
'n tyd vir oë wat glinster skyn
'n tyd vir ver verdwyn
angs wat broei in die nag
soggens wat gloei met lag
My storie 'n storie van liefde
my klagte 'n klag
van twee harte
'n roman
soos so baie ander
'n roman soos ook joune
van mense hier en van êrens ver