Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

soos ons dit doen

ek raak jou sag
tik op jou wang
maar jy droom stil
soos altyd weer
ek trek jou toe
tot by jou nek
want jy lyk koud
soos altyd weer
ek streel jou slaap
hier waar jy lê
want jy bly vaak
soos altyd weer
en jy draai om...
soos ons dit doen

ek rek my uit
en trek my aan
en loop dan uit
soos altyd weer
ek's weer laat
drink gou 'n sluk
maar dit is koud
soos altyd weer
en als is grys
dis sulke tyd
ek gaan weer werk
soos altyd weer

dis lekker koud
ek lig my kraag
soos ons dit doen
soos ons dit doen
gee ons weer voor
soos ons dit doen
sal jy weer lag
soos ons dit doen
sal ek weer lag
soos ons dit doen
sal ek weer leef
soos ons dit doen
soos altyd weer
soos ons dit doen

die dag loop aan
dit is weer laat
ek kom gou terug
soos altyd weer
jy is steeds uit
jy doen jou ding
daar waar jy is
soos altyd weer

ek slaap alleen
jy is steeds weg
die bed is koud
soos altyd weer
ek mis jou weer
jou kant is leeg
soos ons dit doen

soos ons dit doen
is daar niks verkeerd
soos ons dit doen
kom jy weer terug
soos ons dit doen
sal ek weer wag
soos ons dit doen
sal jy weer lag
soos ons dit doen
soos altyd weer
soos ons dit doen

soos ons dit doen
trek jy jou uit
soos ons dit doen
gaan ons saam lê
soos ons dit doen
sal ons weer soen
soos ons dit doen
gee ons weer voor
soos ons dit doen
'n liefdespel
soos ons dit doen

soos ons dit doen
soos altyd weer