Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

skerpte van die stilte

hello donker my ou maat
ek wil bietjie met jou praat
'n droom het saggies langs my bed kom lÍ
sy saad gelos terwyl ek rustig lÍ
en die droom is geplant
in die holtes van my brein
waar dit bly
met die skerpte van die stilte

sonder rus droom ek toe voort
agtersteeg met asblikpoort
onder skynsel van die straatlignag
slaan my kraag op teen die koue vlaag
in my oŽ word geblits met die flits van 'n neonlig
deur my gesig
skeur die skerpte van die stilte

in die naakte lig sien ek
tienduisend mense saamgetrek
mense praat sonder 'n enkel woord
luister doof na die klanke voort
hulle skryf 'n lied
maar niemand sou dit ooit sing
of ooit wou dring
deur die skerpte van die stilte

ag as julle maar net weet
dat stilte as 'n kanker vreet
luister na my lied, ek wil jul leer
neem my hand en ek sal jul keer
maar my woorde drup in stilte
tevergeefs
eggo
in die put van stilte

en die mense kniel en smeek
van die neongod wat bleek
'n waarsku woord uit sy mond laat blits
gevaarlik in groot letters flits
dis die woorde van profete
wat drup van die duikwegmuur
vodde skuur
fluisterend in die skerpte
van die stilte