Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

ek sien die begin
en die end van die lewe
net my kitaar
wat saggies klink

ek sien al die krag
en begin van my strewe
net my kitaar
wat saggies klink

ek sou net kon vra
nee wat, ek sê jou
liefde ontplooi in my
ek sou net kon kla
iemand mislei jou
verkoop, versmoor jou

ek sien net die as
en die aarde daarom draai
net my kitaar
wat saggies klink

en dood sal daar wees
ja die mens is verraai
net my kitaar
wat saggies klink

ek sou kon sterwe
my kans bederwe
wie sou my die lig kon gee?

my siel gekerwe
hoop lê in skerwe
sou jy my dit kon gee?

ek sien net die mens
en die liefde wat daar smeul
net my kitaar
wat saggies klink

ek sien elke mens...

net my kitaar
wat saggies klink