Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

My respek

My tyd loop heel te vinnig uit
en my moed loop gans te leeg
waar's jou en my jong tyd
toe als 'n droom was en als 'n mirage
daarvoor gee ek my eer
gee ek my respek

maar kinders word groot
so groot hulle lewe gaan verby
my vriende en die wat ons liefhet
reeds weggeneem van my
en daarvoor gee ek my eer
gee ek my respek

soos ek leef
deur die slaap
stadig loop

en my hart word koud
nie eens 'n vrees
vir verloor
die horlosie-tik bly staan
daar's geen vlam meer
daar's geen mens meer

al my lojale vriende
verdwyn een vir een
dit was alles mooi
als oor my paaie baie mooi
maar my hande verwelk
my hande verwelk

waar is die tyd heen?
waar is die tyd vir moed?
soos toe ons nog jonk was
toe als 'n droom was en als 'n mirage
so ek luister baie diep
daai stil stem wat grom van die dood
in die węreld alleen