Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

Sirkelkringe

Sirkelkringe

Hierdie multimedia produksie vertel die storie van kunstenaar-wees:
'n Kunstenaar se soeke na Muse; gedagte reise na ver en naby plekke, wipplank tussen roem en vergetelhgeid, van kaviaar en brood, van hart- en kopverloor...

Dis die storie van elke mens.

Die musiek

Internasionale treffers word uitgevoer in 'n mengelmoes van style. Die produksie bestaan uit live musiek en geprojekteerde beelde en strelende Afrikaanse lirieke.

Musiekstyle sluit in ballade, bolero, pop-rock, cross-over classic, art/progressive rock, jazz, Latin, folk-rock, movie musiek, en chanson française.

Program

1 Rondrits
Lirieke Jacques Steyn
 
2 Net my kitaar
Lirieke Oorspronklik in Engels; 12 tale;
289 opnames
 
3 Windmeul
Lirieke Oorspronklik in Frans; 14 tale;
400 opnames
 
4 Dis boheems
Lirieke Oorspronklik in Frans; 12 tale;
74 opnames
 
5 My respek
Lirieke Oorspronklik in Frans
 
6 Voel so goed
Lirieke Oorspronklik in Engels; 2 tale; 234 opnames
 
7 Die blare val
Lirieke Oorspronklik in Frans; 25 tale;
1578 opnames
 
2 Drie eende
Lirieke Jacques Steyn
 
9 As jy weg sou gaan
Lirieke Oorspronklik in Frans; 18 tale; 402 opnames
 
10 Sysagte nagte
Lirieke Oorspronklik in Engels; 7 tale; 216 opnames
 
11 Wit Lakens
Lirieke Lucy Steyn
 
POUSE
 
12 Storie van liefde
Lirieke Oorspronklik in Spaans; 10 tale; 201 opnames
 
13 Caruso
Lirieke Oorspronklik in Italiaans; 17 tale; 153 opnames
 
14 Liefde is soveel sterker as ons
Lirieke Oorspronklik in Frans; 9 tale; 28 opnames
 
15 Soos ons dit doen
Lirieke Oorspronklik in Frans; 20 tale; 627 opnames
 
16 Ons
Lirieke Jacques Steyn
 
17 Net woorde
Lirieke Oorspronklik in Italiaans / Frans;
8 tale; 54 opnames
 
18 Skerpte van die stilte
Lirieke Oorspronklik in Engels; 10 tale; 400 opnames
 
19 Vat my hand
Lirieke Jacques Steyn
 
20 Seil na more
Lirieke Jacques Steyn
 

Resensies van vorige produksies

Jacques Steyn het van vroeg af reeds begin sing en komponeer. Maar deesdae breek hy heeltemal uit sy kokon met 'n vertoning wat musiek, in al sy vorms, op 'n meevoerende en luisterryke wese illustreer. Hy slaag daarin om die wortels van sekere musiekbewegings na te spoor en dit op onderhoudende wyse oor te dra, musikaal te illustreer en te verduidelik.

Dit verander nooit in 'n lang, eentonige monoloog nie, maar 'n meelewende mededeling van kennis, veral vir mense wat wonder oor die oorsprong van instrumente soos byvoorbeeld 'n orrel, klavier, 'n kitaar en selfs 'n trom. Jacques belig die inligting dan deur liedjies te sing wat van toepassing is op wat hy pas vertel het.

Maar wat die hartsnare eintlik roer, is Jacques se Afrikaanse vertalings en uitvoering van onder andere The Windmills of your Mind asook The Sounds of Silence in Afrikaans. Om daardie bekende melodieë te hoor, maar met skitterende en pragtig-beskrywende Afrikaanse lirieke, is te gelyk opwindend en inspirerend. Sy eie komposisies kry ook 'n beurt. Dit mag jou met nostalgie vervul.

Dit is goed om Jacques Steyn weer op die musiektoneel terug te verwelkom. Hy gaan inderdaad van krag tot krag!

Leon van Nierop
Suid-Afrikaanse akteur, vervaardiger, skrywer en rolprentresensent

___________________

Jacques Steyn sit onsettend baie passie en gevoel in sy musiek... Hy't uitstekende smaak in musiek en kan enige atmosfeer tot lig bring- van rock n roll tot romanties.

Ina Wiegand
CEO: Respiro Studios for Professional Singing

___________________

Jacques Steyn has an extraordinary passion for music and one can feel the soul when he sings. Great songs to listen to and he has a gentle way of portraying his music that you feel totally captivated in his world.

Joanne & Tonna Pieterse

___________________

Material of a very high standard...

Peter Vee
Steel Street Records

___________________

... a really great voice

Benjie Mudie
Tusk Records

___________________

Jacques Steyn het 'n vol en ryk stem

Lydia Loeve
Transvaler

___________________

Outstanding musical arrangement

Koos van Rensburg
Transvaler