Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

Dis boheems

Ons sit en praat weer oor die tyd
toe ons nog jonk was
voor die kompromiste
Die krot waar ons bly
die rankers voor die deur
die verf dof van die tyd
Die eenvoud van die styl
dit staan steeds stil
in ons gedagtes
Jou borste op die doek
geverf uit honger
vir 'n bord met brood

Dis die lewe
dis boheems
dis alles net
alleen vir ons kuns

Dis die lewe
dis boheems
al eet ons brood
ons kuns sal leef

By kafees en pubs
waar ons droom
die roem wat roep na ons
Al pyn die honger
die drome sal nooit verdwyn
dit bly leef in ons
Ons verf die mure
'n warm maal
is al wat ons wil h
Ons sing ons verse
vir 'n warm beker sop
by 'n vuur

Dis die lewe
dis boheems
jy was my als
jy was my droom

Dis boheems
dis die lewe
ons sou die wreld
ver oorwin

En voor my esel
drup my verf
en spat oor al my drome
die heuplyn van jou lyf
die kurwe van jou bors
dit bly net vaag
die nag steeds 'n spook
die dag hang in ons o
die koffie alweer flou
Moeg en steeds vaak
kyk in jou o
die droom is dit werd

Dis die lewe
dis boheems
ons was nog jonk
jy was my droom

Dis boheems
dis die lewe
ons leef daai tyd
net vir nou

Vandag is dit leeg
iets pak my beet
ek gaan loer weer na daai dae
Die mure verval
die strate leeg
die drome van ons jeug
Ek soek die trap
ek soek die deur
maar daar is niks
Dis als lank reeds weg
nes die drome
van ons jeug

Dis die lewe
dis boheems
ons was nog jonk
en ons was mal

Dis boheems
dis die lewe
die droom
het ver ver verdwyn

Dis boheems
dis die lewe
en ons droom
'n vergete pyn

Dis boheems
dis die lewe
o ons droom
het ver ver verdwyn