Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

Die blare val

Die blare val
so goud en geel
lê soos 'n mat
kan my verbeel
jou lip op my wang
somer vasgevang
maar herfs kom weer aan
dit maak my gedaan

Jy was weer weg
die dae gans te lank
'n jaar is weer klaar
maar ek bly verlang
ek mis jou alreeds weer
die koue maak my hart seer
die blare van herfs
bly net val

Dit klink soos hier
die lied vir jou
die melodie
is net vir jou
die son sak weg
die blare waai
die lug is blou
die see is koud

sou ek vat waar jy was
en ek gryp jou weer vas
blare in die herfs
waai jou weer weg
ek sien jou weer voor my
jou oë vat aan my
en gou sal die wind
jou weer bring na my