Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies

Caruso

Hier waar die son skyn
en waar die wind huil
'n Ou terras op die
strand by Sorrento
'n Man omhels 'n vrou
sy het dikwels gehuil
Hy maak sy keel skoon
en begin dan te sing:

Te voglio bene assaie
ma tanto tanto bene sai
E una catena ormai
che scioglie il sangue dint'e vene sai

Hy dink die ligte op die see
is ligte in Amerika
Maar dis net 'n visserman lig
op die wit van 'n golf
Hy voel die pyn in musiek
en loop weg van sy klavier
Hy sien die maan deur 'n wolk
soos die dood wat hom roep
Diep is die vrou se oë
haar oë so groen soos die see
Haar trane val so diep
hy dog hy gaan verdrink

Te voglio bene assaie
ma tanto tanto bene sai
E una catena ormai
che scioglie il sangue dint'e vene sai

Die krag van liriek
en elke drama is vals
'n Bietjie make-up en mimiek
jy word 'n ander mens
Daai oë wat na jou kyk
so naby en so diep in jou hart
Dit maak jou woorde vergeet
en jou planne raak verward
So alles word dan so klein,
selfs nagte in Amerika
Jou draai terug sien jou lewe
soos die wit brander se skuim
Jy weet jou lewe sal end
maar jy draai weg van die lig
Jy sal weer geluk kry
en sal weer begin sing

Te voglio bene assaie
ma tanto tanto bene sai
E una catena ormai
che scioglie il sangue dint'e vene sai