Jacques Steyn  

wit perd

1984

F | Bmaj7 C
Ab | Eb | Gb | Db
  (Bbm | C)

F | C | Eb | Bb

klou aan die maanhare
en die wit wat sweef
dit spat jou nat en skuim
rondom jou nek wat breek
en broos lê teen die saal

runnikende klanke stoot
die asem weg met
snikkende verlange
na die ritme wat dan
polsend om jou maal

klop klop kom die wit perd galoppend wip sy wit stert

en jy gryp die teuels en hou my in deur skuim wat oor jou waai saalseer lê jy wagtend in die leerwerk ingedraai ruitermoeg en blasend oor die saad wat liefde saai
hygend lê jou asem vlak en brandend teen my wang wat teen jou rustend lê verwagtend streel en nat spieël in jou traan wippend oor die vlaktes van verlange dryf jou hare smelted een en golf dit ritmies in die spore van my maan
klop klop kom die wit perd galoppend wip sy wit stert

© Jacques Steyn