Jacques Steyn  

wit lakens

Deur Lucy, vir Lucy

Hierdie song is geskryf deur Lucy Steyn ongeveer jaar 2010. Ons het pas daaraan begin werk, maar nog net in konsepvorm en nie verder gekom nie. Tien jaar later kon ek nie die melodie 100% onthou nie. Ek dink ek het die chorus goed genoeg onthou, maar die verse was bietjie vaag.

Ek het nie veel gepeuter aan haar lirieke nie - net so bietjie geskaaf en afgerond.

Lucy se storie kan hier gelees word


Ongeveer 2010

jou lag kaats son se drome
duisend stom engele baljaar
duister donker somer
die son skyn nog 'n duisend jaar

die maan dof al hoe vromer
kaats die skadu van jou lyf
in die stiltes tussen woorde
stryd om sin te maak

en ek wonder
hoe´s liefde gebore
tussen wit lakens en soms, telkens
ek wonder hoekom verbode
as ek binne jou verdwyn

trippel weer oor die
kontoere van my lyf
maak my weer ´n somerskind
dat die koue in my hart verdwyn
soen my tussen wit lakens
towerspel en oë wat blink
maak my weer 'n somerskind

jy asem vir ´n drenkeling
wat spartel tussen wier en gras
dis moeilik om jouself te vind
die wêreld hou ons vas

jy breek die kettings los
jy´t ego en jy´t geen berou
jy kyk vir my
my grond bly verdwyn
en verdwyn

ek struikel oor die lyne van jou lyf
verlam, als verdwyn
soen my wit lakens
eks doof eks blind
maak my weer jou somerkind

trippel weer oor die
kontoere van my lyf
maak my weer 'n somerskind
dat die koue in my hart verdwyn
soen my tussen wit lakens
towerspel en oë wat blink
maak my weer 'n somerskind

© Jacques Steyn