windmeul

Les moulin de mon coeur: E Marnay

kring in 'n sirkel my omring      Em
en 'n wiel draai in spiraal B7
met geen end of 'n begin 
draai en spin in ewig draal Em

dis 'n wêreld van karton E7
in 'n karnavalballon Am7
draai gedagtes deur my kop D7
wentel kringe om die son Gmaj7

    #
   dis 'n kerkklok sonder arms Cmaj7
   deur die aftik van die tyd F#maj7
   en die wêreld is 'n appel B7
   waaraan niemand meer wil byt A#dim
   warrel stilweg in my ruim B7
   net die windmeul wat basuin Em

sleutels klinkend in 'n slot Em
maar gedagte bly kapot Am7
is die somer nou 'n winter D7
      [ 2de: is die wêreld nou 'n winter ]
dat die bloeisels nie wil bot? Gmaj7

sien ek liefde langs die seestrand G7
en 'n voetspoor in die sand Cmaj7
is daai veraf dreuning F#7
net die vingers van jou hand? Bm

prente hang rond in hul rame E7
in die doolhof van my gees Am
halfvergete plek en name D7
maar wie kan dit tog wees? Gmaj7

toe jy weet dit is nou klaarpraat Cmaj7
het jy skielik dan besef F#m7
dat die dooie blare groen word B7
en die somer ons weer tref? Em

                        [na * 2de maal]
   dis 'n sirkel wat steeds draai Em
   en 'n wiel wat my laat raai B7
   met geen end of 'n begin B7
   deur ewig draal omring A#dim
   en die beeld homself ontwring Em

  dwarrel stilweg in die lug B7
  net die windmeul met sy sug Em

in die tonnels van verstand Em
dwaal ek rond op soek na rus B7
deur 'n holte in my sand B7
waar die dwaling nooit berus Em
deur 'n deur wat ewig rondtol E7
in 'n halfvergete droom Am7
is die wêreld wat my omdol D7
steeds my lot en bitter troon Gmaj7
      [na #] 

*
   dis 'n sirkel wat steeds draai Em
   en 'n wiel wat my laat raai B7
   met geen end of 'n begin B7
   deur ewig draal omring A#dim
   en die beeld homself ontwring Em

  dwarrel stilweg in die lug B7
  net die windmeul met sy sug Em

© 1979 Jacques Steyn