Jacques Steyn  

wat ek wil hê

1990

G | D | C
G | D | Am

dis g'n jou oë wat my roep
en my wegneem hiervandaan
dis g'n jou lyf wat hier warm lê
teen stoppels op my wang
dis g'n jou hand wat my voer
en my streel oor my rug
dis g'n die wieg van jou heupe
as jy wegstap teen die wind

mm dis meer as dit

dis g'n die trek van jou lag
as jy kyk in my oë
dis g'n jou asem wat jaag
en wat brand teen my oor
dis g'n jou hande wat my klem
en jou arms wat my druk
dis g'n jou tande wat blink
as jy staar en my sien kom

mm dis meer as dit

dis g'n jou altaar wat jy neerlê
en die offers wat jy bring
dis g'n jou stem wat my sleur
as jy saggies na my roep
dis g'n jou lewe wat jy gee
en jou knieë wat jy buig
dis g'n beloftes vir 'n more
wat jy neerlê en sal doen

mm dis meer as dit

dis g'n jou toekoms wat ek deel
met jou lag in my hart
dis g'n jou gister wat hier lê
ontbloot voor my oë
dis g'n vandag as jy sê
ek kan kry wat ek wil hê
dis g'n 'n tyd wat kan afloop
en vir altyd kan bly staan

mm dis meer as dit

wat ek soek is meer as dit dis iets soveel meer wat ek wil hê is al wat ek wil hê is dis die ritme van jou gees

© Jacques Steyn