Jacques Steyn  

suspisie

1989

Am | G

oral en om elke hoek
is daar oë wat na my soek

jy lê om elke draai en wag
nes 'n skelm in die nag
 
jou hande gryp om my te hou met boeie om my vas te hou
jou hoed lê laag hier voor jou kop verskans jou oë in 'n skilpaddop jou lang jas hou jou wapen to jy volg my tot in timbaktoe
my naam is êrens in 'n boek weggesteek vir die oë wat soek
verwytend kyk jou oë my deur lê die skuld hier voor my neer vertroue lê in stukkies klein is al wat jy kan gee net pyn?
jy soek my sakke heeldag deur jy jaag my heeltyd heen en weer

© Jacques Steyn