Jacques Steyn  

sluit dit oop

2018

Am
daar's 'n skatkis in die sand 
met stories van ‘n verre land 
dis die land waar ek wil bly 
ek hoop die stories maak my vry 

ek het 'n kis, dis toegesluit 
jare en jare goue buit 
die sleutel het ek nou by my 
ek gaan al daai woorde bevry 

sluit dit oop sluit dit oop haal dit uit dis hoe dit hoort stof dit af ja sluit dit oop haal dit uit ja maak dit oop
Pandora sê sy wil in my kis kom loer haar kruik wil haar net slegte dinge voer Aladin staan en wag ook in die ry sy lamp se genie wil my kis vermy in my kis die woorde wat daar lê hul breek nou uit om eindelik iets te sê ‘n magic carpet ride waarop hul ry neem my saam na waar die mat weer gly
sluit dit oop sluit dit oop haal dit uit lê dit bloot stof dit af ja sluit dit oop haal dit uit ja maak dit oop sluit dit oop sluit dit oop haal dit uit dis hoe dit hoort stof dit af ja sluit dit oop haal dit uit ja maak dit oop sluit dit oop sluit dit oop haal dit uit en neem my saam stof my af ja sluit my oop haal dit uit ja maak my oop

© 2018 Jacques Steyn