Jacques Steyn  

skadu van jou lag

Shadow of Your Smile
Original: 1965 Love Theme from The Sandpiper
Music: Johnny Mandel
Lyrics: Paul Francis Webster

die skadu van jou lag
toe jy verdwyn
gee kleur aan al my nag
verlig my pyn

loer dan in my oë
kyk diep en weet
als wat jy my gee
sal ek nooit vergeet

ons wens was gans te hoog
ons hoop te ver
'n traan drup op jou lip
toe verskiet ons ster

sou ek nooit jou oë behou
liefde wat geluk omvou
sal ek tog die plooi onthou
van skadu van jou lag

© Jacques Steyn