Jacques Steyn  

rooijakkals

jou voetval drup op die grond 
sysies kiet-kiet oral rond 
jou rooi oor spits in die grys 
blou in die sloot lê 'n patrys 

haakdorings ge-ets teen die lug
kambroblare lê bitter gemuf 
my verstand die bly steeds suf 

wat is jou naam dit wil ek weet sê my gou voor ek weer vergeet
jy's so slim soos die houtjie van die galg al jou leuens laat my gril en walg jy ontsnap met 'n skelmstreek weer 'n keer het jy my verneuk jy's so glad soos die gladste seep jou slagoffers lê op 'n streep jy's die jakkals rooi al klink jou naam hoe mooi jy breek die kettings van waarheid in my kop jy laat my woorde los jy't my gefop ek jag na jou ek jag na jou met die perde van verstand oor die leë vlaktes van die haakdoringland jy bly die skelm van die sanddroë streek steeds kom jy weg al is jy hoe gebreek
wat is jou naam dit wil ek weet sê my gou voor ek weer vergeet

© 1980 Jacques Steyn