robot
robot jaar in en jaar uit staan jy hier op die hoek en klik-klak meedoënloos voort gedweë in die laat winterson met die herfsblare wat wriemel om jou voet lekkerpapiere en hond wanneer die koue die stad toevou in rookmis louer jy voort verstik jy in uitlaat maar sloof aanhoudend om die onfeilbare kroon van die skepping te regeer in stommeteit robot die geometries getjank van rubber op teer giroskopiese revolusies eskaderuitlaart maar robot jaar in en jaar uit hou jy jou doof en knipoog vir wat jy sien en nie sien nie klik-klak
© Jacques Steyn