Jacques Steyn  

pasop vir die rots

Am | Dm

die baken roep na jou
jy sien sy helder lig deur die mis
pasop vir die wrede rots
sy punt lê en wag vir jou
hy sal jou kerf

hy sal deur jou sny
hy sal jou oopsny
hy sal jou bodem wegsny
en jy sal sink
jy sal sink
jy sal wegsink
en verdrink
pasop vir die rots

die sein flits uit na jou
kan jy die mishoring hoor?
pasop vir die see se stroom
hy sal jou verlei
hy sal jou teen die rotse slaan

die rots sal jou sny
hy sal jou oopsny
hy sal jou bodem wegsny
en jy sal sink
jy sal sink
jy sal wegsink
en verdrink
pasop vir die rots

© Jacques Steyn