Jacques Steyn  

ons

1978-1979

ek is
jy is
ja
ons is
is ek nie?
is jy nie?
is ons nie?

ten spyte van
sou ek
sou jy
sou ons

ja
ten spyte van
sou ek kon
sou jy kon
sou ons kon

of sou jy
wat ek kon
soos ek sou
wat jy kon?
ons twee?

ek dink
jy dink
ons kan
soos jy dink

ek dink
ons kan

ja dit is
dat jy is
soos ek is
soos wat ek wil:
jy is

maar
is ek
soos
jy wil?
ek wil
wat jy wil
vir ons wil

mmm
miskien

mmm
is ek

mmm
is jy
soos ons

© Jacques Steyn