moeder afrika

Em

vingers klem jou speen
  moeder afrika
honger vel teen been
  moeder afrika
donker dromme dreun
  moeder afrika
sal dit ooit weer reën?
  moeder afrika

donker lê die rook
  moeder afrika
maalpot bly net kook
  moeder afrika
sal ons ooit weer speel
  moeder afrika
reënboog bly verdeel
  moeder afrika

doringbome bloei
  moeder afrika
aarde leeg gegroei
  moeder afrika
gryp jy in die wind
  moeder afrika
asemloos jou kind...

© Jacques Steyn