middernag blues
1990
Dm | Gm | A
die strate lê leeg
die stilte hang swaar
'n kat lyk verdwaal
waar dit skuur teen 'n paal
'n straatlamp weerkaats
die stad's 'n graf
daar's geen geraas
die strate lê leeg
en die druppels val koud
sypaadjies blink
donker stegies wag en stink
'n lyf roer onder ou koerante
papdronk gedrink
© Jacques Steyn