Jacques Steyn  

lê jou woord neer

1985

Am | G | Dm | Am
    F | G | Am

stil lê die daglig
in die kaatsing van 'n straal
teen gedagtes wat jy opwek
deur die klanke van jou taal

stil lê geraamtes
in die kiste van vergeet
bleek en wit gedagtes
kan ons saamsmelt tog nie meet

lê jou woord neer in my oor laat jou asem speel dat ek kan hoor laat ons band en koord ons more deel sal jy kom lê jou stem vas teen my wang en jy lig jou hand wat my wasem vang en jy druk en klem teen my lip wat brand sal jy kom
stil lê die spieëling van jou beeld wat lyne laat deur die glas van 'n verlede wat nou brekend daarvan praat stil lê gedaantes van ons eenwees weggelê in die kelders van ons gister maar dit skreeu teen wat ek sê
lê jou woord neer in my oor laat jou asem speel dat ek kan hoor laat ons band en koord ons more deel sal jy kom lê jou stem vas teen my wang en jy lig jou hand wat my wasem vang en jy druk en klem teen my lip wat brand sal jy kom

© Jacques Steyn