jy brand vuur in my

You light up my life
Original: 1977 Joe Brooks

soms in die nag
lê jou blink sterre
duisende myle
ver van my af

soms in 'n droom
lê beelde diep in my
n duistere hoop
tot jy na my kom

en jy brand vuur in my
jy lig n vonk
en knetter voort
jy vlam hoop in my
jy vul my nag
met vuur

soms in die nag
lê jou blink sterre
duisende myle
ver van my af

n rollende golf
sleur my deur water
sou dit my bring
na rusplek by jou?

eindelik die kans
van vrede diep binne
nooit weer die vrees
om eensaam te wees

en jy brand vuur in my
jy lig n vonk
en knetter voort
jy vlam hoop in my
jy vul my nag
met vuur
nooit weer verduur
ek n eensame uur
want jy
jy brand vuur in my

© Jacques Steyn