Jacques Steyn  

handvol van die wind

1980

E7 A7

in die koudheid van onsekerheid
stabiliteit wil ek van jou hê
in die warm voue van jou denkegloed

ek wil jou oral om my hê
jou sagte hand
oor die sand

ag maar dis net sowel 'n handvol van die wind
die sonskyn bleik die lug ek wil vinnig wegvlug van jou glimlag en oral waar ek kyk is dit net jou oë om jou dan nou lief te hê sou ek wou hê vir ewig hê
ag maar dis net sowel 'n handvol van die wind
die reën betraan die blare nat ek smag na jou my vrees is koud ag help my my koudheid weg te dryf verlangend na jou warm hart dit wil ek hê dit wil ek hê
ag maar dis net sowel 'n handvol van die wind

© Jacques Steyn