dwaal

1978

E7  A7
die denker het sy ken gestut       
op sy kneukels laat rus
die denker het met frons geloer
na die sin van bestaan
 die denker het sy kerker verlaat
 neergekyk op die lewe
 'n drang en strewe
 na die sin van bestaan
 sy siel laat dwaal
   en jy dwaal...

guru dev buig sy bene saam
kruis dit transendenteel
sy vingers mediteer in sirkels saam
op die voue van sy knieŽ
 hy sÍ sy mantra saggies net vir sy oor
 lees die bhagavad-gita oor en oor
 groei na nirvana
 dalk die brahman
 dalk die shaman
   en jy dwaal...
BREAK
denker dink hy't sy dors geles
met water   van lewe wat nooit opdroog
denker dink sy honger's gestil
met brood   wat die knaagpyne ewiglik vul
 denker dink hy't weer kind geword
 deur houtsimbool
 en die wind laat waai
 die rus wat kom
 maar... 
    hy dwaal...
    sy dwaal...
    jy dwaal...
    ek dwaal...
    ons dwaal...

© Jacques Steyn