Jacques Steyn  

dood se snaar

1989

Am 

bind my vas
lê my neer
want die dood 
wil my regeer
bring sy krag
oor my dag
as ek wag

hoor die klop
aan my deur
en die dood
wil my verskeur
en die swart
van sy nag
vou oor my

  sien ek oë
  oor my lag
  voel ek swak
  oor hul mag
  en die dood
  speel sy hand
  met gesag

sekel gekrom gou sal hy kom die dood speel sy mars op my kitaar grynslag en been helse gesteun die dood speel sy mars op my kitaar
speel die dood met sy snaar op die kis van my kitaar lê my beendere wit teen die son

© Jacques Steyn