Jacques Steyn  

die dolk van jou kyk

1989

Dm | C | Dm
F | Gm | Bb | C | Dm


jy lê die blaam net voor my deur
kan ek jou vra, wat is jou verweer?
moet ek die las van ons skulde dra
gebukkend onder alles wat jou pla?

jou oë vernietig die man voor jou
deurboor die skans wat hy om hom bou
is jy so skoon, so edel, so rein
vrygestel deur jou eie pyn?

ver lê jou wêreld van my kreet jy draai jou rug om van my te vergeet maar jy weet op die dag as die skaal moet draai val die dolk van jou kyk in jou eie blaai
jy laai net op en jy maak dit swaar die gewig van jou klagtes maak my klaar sê my net gou, sê my nou moet ek altyd harde bene kou? lê die hoop te ver dat jy kan vergeef vergeet en my 'n kans gee om te leef? bly dit 'n droom wat met die dag verdwyn 'n skim wat net altyd in die nag verskyn?
ver lê jou wêreld van my kreet jy draai jou rug om van my te vergeet maar jy weet op die dag as die skaal moet draai val die dolk van jou kyk in jou eie blaai
wat het geword van jou sagte hand die liefde wat net altyd in jou oë sou brand? leeg lê beloftes soos 'n dooie blaar dis al wat ons oorhou vir mekaar jou oë vernietig die man voor jou deurboor die skans wat hy om hom bou is jy so skoon, so edel, so rein vrygestel deur jou eie pyn?
ver lê jou wêreld van my kreet jy draai jou rug om van my te vergeet maar jy weet op die dag as die skaal moet draai val die dolk van jou kyk in jou eie blaai

© Jacques Steyn