augustus

1977

Em | D | Em | B7

waai waai wind waai dis augustus waai wind waai waai dis augustus wind waai waai wind dis augustus waai waai wind waai dis augustus
ruk-ruk vaalwit stof deur swart oliekolle vuilbruin korrels warrel lae daaroor heen wapper dapper leë tjipspapiere met vetkol en sand wat dwarsoor reën stik-stik keelvoldik van vaal droë gras en blare wat kraak in hul bruin droë lote en tak dood van winter en koue verswelg my lied dit verdwyn my hande dieper in my sakke gedruk my neus raaprooi wil net loop in die wind die leegheid in my siel van die winter en die dood mag dit aansand deur die waai en die wind bring my lente en die tintelvars geure van 'n nuwe lewe saam met jou lente ek bid waai weg die dood en ellende my ou lewe en die grou

© Jacques Steyn