applous

Dm

as ek jou siel blootlê
draai jy weg en al
wat ek sien is die
skadu van jou rug
wat krom lyne gooi
op die kraakvloere
wat ek geleef het

as ek my stem laat
dreun oor skares
die gejuig is stil
die handgeklap
'n loslit bui
wat net nooit ooit wil breek nie

maar my hart is
skerwe teen beloftes
van plakkate en opskrifte
want my plug is getrek
en dis die donder 
van die stilte
wat my my bene laat oopgooi
en my laat hoereer met songs
wat jy wil hê

maar jou geld stink
en jou roem is
'n orgie van virusse
wat jou siel deurtrek

en jy ruik na koerantpapier
as jou glansprogramme
brand in die vuur
wat vandag skei
van die eeue

© 1992 Jacques Steyn