lirieke

kêfie blues

1979

E

die griek oppie hoek
swart vingernael in 'n boek
bloubaard's twee dae oud
sy slaptjips altyd koud

dit ruik na asyn
sy laaitie's goed getrein
syfers op koerantpapier
swart sit die vlieë teen die muur

dissie kêfie teenie bult medie pinbolmesjiene wat tilt en die baaiks wat brul ennie banne wat gil ennie kaartspelers kul en vloek by die kêfie oppie hoek
'n halwe witte eksê en 'n liter wil hy hê gee hom 'n pak skywe kyk hoe koekeloer hy na die scope lywe 'n groot ou tjaaf hom grief hy groet hom terug, sê haai tjief jy sien hy's maar ietwat klein sy pa werk oppie myn
dissie kêfie teenie bult medie pinbolmesjiene wat tilt en die baaiks wat brul ennie banne wat gil ennie kaartspelers kul en vloek by die kêfie oppie hoek
met 'n skyf teenie muur tussen allie leë blikkies bier 'n verbleikte tjipspapier het hy die alleenheid verduur hy's 'n opskrif teen 'n paal hy't die voorblad gehaal hy't met sy lewe betaal toe hy sy tjom wou gaan haal * * * mens bly tog knaend soek al sê hul jy's net 'n nommer in 'n boek ek laaik niks van daai blues sing maar net my kêfie blues as jy jou antwoord kry bel my op en sê vir my en ek sal 'n ander tune slaan want ek sal weet waarheen ek gaan

© Jacques Steyn