Sien ook die 2B2 band

Rock

Ek het met klassiek en LM Radio grootgeword, so ek skuif maklik tussen musiek genres.

In 1990 het ek 'n band bymekaargeskraap, en dit 2B2 genoem, met die oog op die eerste Afrikaanse rockfees, Houtstok. Dit was die dae toe apartheid in alle vorme nog beleid was en enige pop wat nie middle of the road was nie, was as boos beskou, of ten minste as 'n kommunistiese plot in Afrikaanse gemeenskappe.

Vandag lag ons daaroor. In daardie dae was baie ouens se musiek en ander talente onderdruk en is veral rowwe rock of rock wat nie oor mooi drome en sonskyn gaan nie nie aanvaarbaar nie. Sulke rock is glad nie uitgesaai nie, en daar was nie juis platvorms bekskikbaar vir shows nie. Sommige van ons het geprostitusiŽer om te oorleef. Sommige het waar gebly, en die gevolge gedra (hoofsaaklik finansiŽel). Ek het 'n ander beroep gekies.

Hier is 'n pre-show publisiteitsfoto van Beeld met 'n paar Houtstok performers -- op daardie stadium was 2B2 nog nie gestig nie.

Some musicians performing at Houtstok
(van links na regs) Jacques Steyn, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Joost Tonteldoos, Piet Botha, Someone, Anton Goosen (op die sofa ;)

ns verhoed om op te tree op baie platvorms wat bekskikbaar was vir die status quo. Sommige van ons het geprostitusiŽer om te oorleef. Sommige het waar gebly, en die gevolge gedra (hoofsaaklik finansiŽel). Ek het 'n ander beroep gekies.

Die band was:

2B2

(van links na regs) Brian, Jacques, Deon, Kay

'n Houtstok viniel album was vrygestel en later ook 'n CD. Twee van ons nommers is ingesluit:

Hier is die voor en agterkante van die CD omslag.
CD front cover CD back cover

Houtstok-toer

Na afloop van die fees was daar 'n Houtstok-toer wat bestaan het uit Anton Goosen se Kommisie van Ondersoek, Piet Botha se Jackhammer, en 2B2. Ons het selfs 'n jol gehad in Clarens in die Maluti berge (Vrystaat) met 'n verrassende gehoor.

2B2 club scene

2B2 het ook die club scene gedoen. Ons het onder andere 'n gig gedeel met die reggae outfit van Carlos Djedje:


(van links na regs) Carlos Djedje, Moses Baloyi (Carlos se bestuurder), Jacques Steyn, Sello Motshekga (van Malidadi)
-- die ander 2B2 ouens was nie beskikbaar vir die foto shoot nie.

Meer onlangs het ek keys gespeel vir Rock-n-blues outfits soos Undercover Blues Band, en Stormy Monday.

TOP