Resensies

Jacques Steyn

Produksie: Seil na more

Jacques Steyn: Reviews

Afrikaanse musiek soos jy nog nie gehoor het nie...

Die produksie Seil na more bestaan uit so die helfte oorspronklike eie komposisies, en die helfte vertalings in Afrikaans van top internasionale hits van die afgelope halwe eeu of so. Beskrywings van die songs volg onderaan.

Die songs word in baie verskillende style gedoen. Die hits is meestal verwerk sodat dit baie anders klink as die oorspronklikes. Byvoorbeeld, Skerpte van die stilte (Sounds of silence) is in die Zen lounge music styl gedoen (met hints van Café de Flore en Bhudda Bar).

Ek het al die verwerkings en orkestrasie gedoen. Die musiek is in MIDI geskryf, en klanke gekies uit my biblioteek van so 20'000 samples. Selfs die guitar klanke is digitaal gedoen, en op 'n keyboard gespeel.

Sommige Afrikaanse musiek puriste het 'n kleintjie dood oor vertaalde musiek. Miskien moet hulle bietjie die geskiedenis van moderne musiek oplees. 'n Hele aantal wereld hits in Engels waarmee hulle lustig saamsing was oorspronklik in ander tale geskryf. Wysies is wat hits maak. Nie een Afrikaanse wysie het dusver die top 1000 songs van alle tye gehaal nie. So wat is die argument nou eintlik?

Alfabetiese lys met kort beskrywings. Hierdie is die volledige produksie waaruit 'n seleksie gedoen word vir live vertonings.

Applous 1992 Jacques Steyn (sien die lirieke)

Consumer en resepmusiek maak geld. Dis musiek vir die oomblik. Bittermin van hierdie musiek het langdurige waarde. Die groot songs van die afgelope 100 jaar word steeds gehoor in media (radio/TV) en in konserte. 'n Verbasende klomp van hierdie groot songs het aanvanklik swak aftrekking gekry.

Die song Applous gaan oor die swak ontvangs wat van hierdie kunstenaars ontvang. Maar die tyd wys 'n ander storie...

As jy weg sou gaan 1959 Ne me quitte pas (letterlik: Moenie weggaan nie) Jacques Brel
1979 Afrikaanse lirieke Jacques Steyn (sien die lirieke), gebaseer op die Frans. sien die lirieke)

Brel het die song geskryf nadat hy en sy girl friend Suzanne Zizou Gabriello opgebreek het. In 'n onderhoud het hy oor die song gesê: this is not a love song, but a song about the cowardice of men.

Die melodie is vaagweg gebaseer op Franz Liszt se Hungarian Rhapsody No. 6.

Augustus 1977 Jacques Steyn (sien die lirieke)

In die noorde van Suid Afrika is Augustus bekend as die wind-maand. Met die veranderende seisoene bring die Augustus winde stadigaan die lente wat amptelik op 1 September begin (soos 1 Mei in die noordelike halfrond).

Die winter op die Suid-Afrikaanse hoëveld is bra lelik en stowwerig. Augustus is ook hooikoors/verkoue tyd vir baie mense.

Die song Augustus is 'n wens dat die winde tog die doodsheid van die winter gouer kan wegwaai sodat lente kan kom.

Inspirasie: Toe ek student was in Pretoria, was Pretoria amptelik toe teen 9 uur saans, en ook die hele Sondag. Dit was die goorste dag van die week. Ek het in 'n woonstel in Sunnyside gebly en Sondae middae by 'n losieshuis in Arcadia gaan eet. En geloop om daar te kom. Een waaierige, stowwerige Augustus Sondag in 1977 het die wind my moedeloos gewaai. Terwyl ek so loop, en die dooie blare en papiere rondwarrel het ek die song in my kop geskryf.

Die dolk van jou kyk 1989 Jacques Steyn (sien die lirieke)

Ek wonder of daar iemand is wat nie een of ander tyd 'n vriend/vriending/lover gehad het wat in hul oë net nooit verantwoordleikheid wil vat wanneer dinge begin skeef loop nie. Hulle is die onskuldigste, soetste, heiligste engeltjies... maar hul blitsende kwaai oë kyk jou uit jou skoene uit. Ek het baie sulke mense gesien. En 'n paar self raakgeloop.

In comics word daai kyk geteken met sulke messe wat uit die oë skiet. Ek maak dit 'n dolk...

Die storm kom 1978 Jacques Steyn (sien die lirieke)

Die 1976 opstande in Suid Afrika is geskiedenis. Die apartheids regime het ontken daar was enige probleme, en het almal in die donker gehou. Ek het tydens die opstande aan hierdie song begin werk wat uiteindelik in 1978 klaar was.

Die storm het nog nie groot uitgebars nie, maar dreig nog steeds na 40 jaar -- gegee die baie huidige siviele onrus en opstande. Die song is steeds relevant.

Dood se snaar 1989 Jacques Steyn (sien die lirieke)

Passie vir musiek maak dat die gelukkisgte manier om dood te gaan sou wees wanneer mens musiek maak...

Êrens iets (something) 1968 George Harrison. Beatles 1969 album Abbey Road.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Daar is twee stories oor die inspirasie vir hierdie song. Harrison së dit gaan oor universele liefde; sy vrou het in 2007 gesë dis vir haar geskryf.

Meer as 150 kunstenaars het dit al opgeneem. Na die Beatles se Yesterday, is dit die song wat die meeste opgeneem is van alle songs. Omtrent alle beroemdes het dit opgeneem: Elvis Presley, Frank Sinatra, Ray Charles, Peggy Lee, James Brown, Shirley Bassey, Tony Bennett, Andy Williams, Smokey Robinson, Ike & Tina Turner, Eric Clapton, Joe Cocker, Isaac Hayes, Julio Iglesias, Neil Diamond.

As iemand wat self skryf: sommige skrywers se gedagtes is dikwels oor 'n vae universele konsep, wat natuurlik kan toepas op enige spesifieke werklike proses or ding. So albei stories het waarde. Harrison het dit sekerlik universeel bedoel, maar dit het vir hom dalk ook toepassing op sy vrou - want sy pas sy unversele gedagte oor liefde.

Gister nog 1965. Yesterday. Paul McCartney.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

McCartney het die melodie in 'n droom geskryf, wat hy onmiddelik toe hy wakker word op 'n klavier gespeel het om nie te vergeet nie. Omdat dit so maklik gekom het, was hy bekommerd dis dalk iemand ander s'n wat hy onbewustelik oorgeneem het. Hy het 'n maand lank mense in die musiekbedryf gevra of hulle dit herken, voordat hy dit geëien het.

McCartney en Lennon het dikwels, om wysies te onthou, enige woorde gebruik. Voordat Yesterday se lirieke geskryf was, het hulle hierdie woorde gebruik: Scrambled eggs, Oh my baby how I love your legs; Not as much as I love scrambled eggs.

Meer as 2'200 covers is van die song opgeneem.

Resultate van 'n 1999 BBC Radio 2 poll het dit as die beste song van die 20ste eeu gevind. Beide MTV en Rolling Stone Magazine rank dit as die #1 pop song van alle tye.

Broadcast Music Incorporated (BMI) se statistieke lys dat dit meer as 7 miljoen keer gesing is in die 20ste eeu.

Handvol van die wind 1980 Jacques Steyn (sien die lirieke)

Blues. Die song gaan oor ontwykende liefde. Allerhande wense word uitgespreek, maar dis soos om die wind te probeer vasvang.

Jy brand vuur in my 1977 You light up my life. Joe Brooks.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Die song is bekend gemaak deur Debby Boone, dogter van Pat Boone.

Billboard rank die song as #9 in hul lys van beste songs van alle tye.

Lê jou woord neer 1985 Jacques Steyn (sien die lirieke)

Die liefde het stil geword. 'n Wens word uitgespreek om weer die closeness te ervaar.

Moeder Afrika Jacques Steyn (sien die lirieke)

Afrika is die geboorteplek van homo sapiens sapiens. In Suid-Afrika is daar verskeie argeologiese bewyse hiervoor. In die Blombosgrot naby Jongensfontein in die wes Kaap is daar bewyse wat gedateer is tussen 70'000 en 100'000 jaar gelede. Ons voorouers wat daar gebly het was kognitief goed ontwikkel. 'n Stuk oker het abstrakte geometriese patrone - iets wat diere soos ons veraf nefies en niggies die primate nie maak nie - en dus dui op die moderne homo sapiens sapiens.

Afrika is ons moeder. Maar oor die algemeen is dinge maar haglik op ons geboorte kontinent.

My maats sal my help 1967 With a Little Help from My Friends. John Lennon en Paul McCartney; Beatles op die album Sgt. Pepper's Lonely Hearts Club Band.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Ek volg Joe Cocker 1968 verwerking. Hy het dit in 1969 met sy The Grease Band gesing by die Woodstock Festival.

Die album Sgt. Pepper's Lonely Hearts Club Band is een van die eerste konsep albums. Die Beatles was geinspireer deur Frank Zappa en Mothers of Invention se 1966 album Freak Out! wat die eerste konsep album in rock was. Die Beatles het in 1966 opgehou toer, en wou meer eksperimenteer in die studio, wat hulle met hul album gedoen het

McCartney het meer as die helfte van die materiaal geskryf. Hy het die idee gehad van 'n fiksionele band wat die hele album doen, 'n band in die lyn van 'n militëre band uit die era van die Britse koning Edward.

Die album sluit in musiek van verskillende style:
  • vaudeville
  • circus
  • music hall
  • avant-garde
  • Western klassieke musiek
  • Indian klassieke musiek
Rolling Stone rank die album as nommer een in hul lys van die 500 Greatest Albums of All Time.

Teen 2011 is meer as 32 miljoen kopiee verkoop.

Net my kitaar wat saggies klink 1968 While My Guitar Gently Weeps George Harrison, Beatles se White Album.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

John Lennon en Paul McCartney was nie geinteresseerd in hierdie song nie. Maar toe Harrison vir Eric Clapton saambring na die studio, het hulle verander, en dis opgeneem met Clapton wat die guitar ge-overdub het. Clapton is nie amptelik erken nie.

Inspirasie: Vroeer in 1968 het Harrison ashrams in Indië besoek om meer van TM (Transcendental Meditation) te leer. Die song gaan oor unversele liefde - tipiese hippie song!

Wêreld populariteit:
#136: The 500 Greatest Songs of All Time
#7: 100 Greatest Guitar Songs of All Time
#10: The Beatles 100 Greatest Songs
#42: in Guitar World's 2008 list 100 Greatest Guitar Solos

Ramkietjie Lirieke: CL Leipoldt (1880-1947)
Musiek: Jan Bouws (1902-1978) - 'n Nederlander; toonsetting van Leipoldt se gedig.
Verwerking: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Ramkietjie is die Afrikaanse naam vir 'n tradisionele Afrika instrument. Die instument is gebaseer op die boog van 'n pyl-en-boog. Die een kant van die boog kan in die mond van die speler gehou word om die klank te versterk - dis soos 'n Jewish Harp, of mondharp. 'n Beter metode is om 'n kalbas vas te maak aan die een kant van die boog om die klank te versterk. Die snaar kan met 'n vinger getrek word, of liggies met 'n stokkie geslaan word.

Robot Jacques Steyn (sien die lirieke)

In die 1970s toe ek student was in Pretoria, het ek in 'n woonstel in Sunnyside gebly. Ek was nog altyd 'n ligte en vrot slaper. Pretoria was saans 9 uur al amptelik toe. Die enigste oop plek was College Kafee. Die strate was baie leeg.

Maar die windgat bikers of jong ouens met karre wat raas het die stilte gereeld versteur.

My woonstel was op die 3de vloer en die venster het uitgekyk op 'n straathoek met 'n robot. Daar was nie TV nie. Soms, alleen in die woonstel, kyk ek uit na die bome. Wanneer dit reën het die robot se ligte weerkaats op die teer. Beautiful. Maar dan, dikwels, het een of ander biker doer ver uit Pretoria wes nadat hy seker by sy girl frrend gekuier het, ooswaarts deur die stad gejaag. Onthou net: in daardie dae het almal altyd by rooi robotte gestop. So ek kon sy hele trip van doer in die weste hoor, al hoe nader aan my woonstel, verby, en dan al hoe sagter verder na die ooste.

Mens kan hoor hoe die biker af-gear by elke robot, stop, rev, rev, rev, ggrrrum, ggrrrum, ggrrrum, en wanneer die robot groen word tel die revs op en hy jaag tot die volgende een. En volg dieselfde stappe. Die hele tyd van doer uit die weste na die ooste toe. Baie minute...

Maar wat my die meeste tref van hierdie storie is dat 'n stuk tegnologie met flitsende ligte mens se lewe so kan beheer. As die robot së stop, dan stop ons. Wel, nie meer vandag nie! So eintlik is hierdie song nie meer relevant nie - dis nou antieke geskiedenis.

Seil na jou 1978 Jacques Steyn (sien die lirieke)

'n Liefdes song in die styl van 1950s doo-waa rock.

Skadu van jou lag 1965 Shadow of Your Smile. Musiek: Johnny Mandel; Lyrieke Paul Francis Webster. Geskryf vir die fliek The Sandpiper.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Die AFI lys dit #77 in hul lys van 100 Years...100 Songs, top songs.

Baie kunstenaar het dit opgeneem in baie verskillende style - rock, jazz (met baie verskillende instrumente, van sax en trompet tot enige iets anders).

Dis ook in verskeie tale vertaal.

Skerpte van die stilte Sounds of silence. Paul Simon het dit begin skryf in 1963, toe hy 21 was. Dis eers in 1964 vrygestel.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Simon en Art Garfunkel het aanvanklik opgetree as Tom and Jerry. Hulle het opgetree in folk klubs, maar is baie swak ontvang. Folk musiek kenners het hul musiek afgeskiet -- soos Dave Van Ronk ('n sogenaamde folk kenner) wat gese het oor die song: This is a joke!

Die song was opgeneem in Simon and Garfunkel se eerste album, wat net 2000 kopie verkoop het, en hulle het opgebreek. Oor die algemeen het folk musiek in daardie tyd nie goed gedoen in vergelyking met pop rock nie.

Die band The Byrds, en ook Bob Dylan se musiek is vanaf 1965 meer op radio stasie gespeel, en het baie meer gewild geraak onder die algemene luisteraars. Sounds of silence is einde 1965 weer uitgereik en het vroeg in 1966 'n hit gewordin die VSA.

Die song is die 18de mees opgevoerde song van die 20ste eeu.

Rolling Stone lys dit #157 in hul 500 Greatest Songs of All Time.

Staan by my 1960 Stand by me. Ben E King, Jerry Leiber, and Mike Stoller.
Ben E King se oorspronklike weergawe was die eerste hit van die song.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Meer as 400 verskillende opnames is van die song gedoen, o.a. John Lennon en ook Florence + the Machine.

Rolling Stone lys dit #122 in hul 500 Greatest Songs of All Time.

Broadcast Music Incorporated (BMI) lys dit as die 4de mees perfomed song van die 20ste eeu.

Sysagte nagte 1967 Nights in white satin. Justin Hayward, met die Moody Blues, op die konsep album Days of Future Passed.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Die band het aanvanklik blues gespeel - duidelik uit hul naam! Hulle het meer begin eksperimenteer oor hoe musiek mense moods verander. Hulle was gekontrakteer met Decca Records. Toe die maatskappy nuwe stereo opname tegnologie wou bekendstel, wou hulle eers klassieke musiek gebruik: Dvorak se New World Symphony, maar het toe later op die Moody Blues besluit.

Die album gaan oor verskillende tye van die dag. Vanselfsprekend gaan Nights in white satin oor die nag. Hayward het 'n stel sy lakens van 'n girlfriend gekry, wat die tema van die song geword het. Die woorde is flitse oor verskillende situaties wat in die nag kan gebeur - dus, nie 'n aaneenlopende storie nie.

Saam met die Mothers of Invention se 1966 Freak Out! album, en die Beatles se 1967 Sgt. Pepper's Lonely Hearts Club Band album, was Days of Future Passed een van die eerste pop rock konsep albums.

Die Moody Blues was pioniers in die ontwikkeling van progressive rock, of art rock.

Weet jy Jacques Steyn (sien die lirieke)

Daar is baie dinge wat ons nie weet nie...

Weg met die wind 1962 Blowin' in the Wind Bob Dylan.
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Die song is #14 op die Rolling Stone Magazine se lys van 500 Greatest Songs of All Time.

Dylan is nog die enigste musikant wat ooit die Nobelprys ontvang het - maar dit was nie vir sy musiek nie. Dit was "for having created new poetic expressions within the great American song tradition."

Windmeul 1968 Les Moulins de mon cœur. Temalied van die movie The Thomas Crown Affair.
Musiek: Michel Legrand
Franse lirieke: Eddy Marnay
Engelse lirieke: Alan and Marilyn Bergman
Afrikaanse lirieke: Jacques Steyn (sien die lirieke)

Die brief vir die musiek was om 'n swewende gevoel te skep terwyl die hoofkarakter, Thomas Crown, 'n glider vlieg. Die skrywers wou ook die gevoel vasvat wanneer mens so in droomland insweef - en die gedagtes so deurmekaar woel.

Wit perd 1984 Jacques Steyn (sien die lirieke)

Soort van 'n reggae song.

In 1973 het Peter Shaffer 'n verhoogstuk, Equus, geskryf oor 'n jong man wat 'n patologiese fasinering het oor perde, wat as sensueel beskou word.

My song Wit perd gaan nie so ver nie, maar die perd word gebruik as 'n simbool van sensualiteit en intimiteit.