2B2 MP3 clips

1990

2B2 is in 1990 gevorm om my songs te perform by die Houtstok Rockfees. Twee van ons songs is ingesluit in die fees vinyl, en later in die CD.

Die oorspronkilke band het bestaan uit Kay Brugge (guitar), Brian Schwarz (drums), Deon Karstel (bass), Jacques Steyn (vocals, keys).

    Geskryf in
Dood se snaar 1989 Lirieke
In die middel van die nag 1988 Lirieke

 

2004

In 2004 het 2B2 bymekaar gekom vir 'n reunie. Etienne Celliers was nou op bass, en Dylan Schwarz op dromme. Kay was steeds op guitar, en Jacques op keys en vocals.

Op Saturdag 15 Mei 2004 het ons 'n studio en sound engineer geboek vir 3 ure waarin ons set-up, sound check, recording, tydelike mixing en mastering van al die songs hieronder gedoen het. Die plan was om virgin tracks neer te lê, 'n rowwe mix te kry, by die huis studio daarna te luister en later 'n proper mix te doen.

Maar... miskien as gevolg van 'n misverstand het die klankingenieur nie copies gegee van al die tracks nie - net 'n finale downmix. Die bass is muffled, die vleuelklavier float rond, en die vocal is swak ge-EQ. Net die dromme en lead guitar klink okay.

Die resultaat is nie te sleg vir net 3 ure se werk in die studio nie. Nice and tight. Maar heeltemal te swak vir verspreiding. Dit was baie rof en rou, so ons het die demo Rof, rou en gereed genoem.

    Oorspronklik geskryf in
Daai dae 1989 Lirieke
Suspisie 1989 Lirieke
Vure brand al laag 1989 Lirieke
Ek slaap aleen vannaand 1990 Lirieke
Kefie Blues 1979 Lirieke
Vat my hand 1990 Lirieke