Hier is a transkripsie van die artikel. 'n Scan van die oorspronklike artikel volg onderaan
Jacques Steyn 'n groot vonds
Deur Theunis Engelbrecht, Pop-Opskop, Beeld 1990-01-10
Jacques Steyn... Pop-Opskop voorspel dat die opwindende sanger en liedjieskrywer een van die grootste vondse van die jare negentig in die Afrikaanse musiekwêreld gaan wees. Hy sal maklik sy plek kan volstaan in uitgelese geselskap soos Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Anton Goosen.
DIT gebeur min dat daar werklik 'n groot vonds in die Afrikaanse musiekwereld is -- en dan praat 'n mens van iemand wat jy in dieselfde asem kan noem as groot geeste soos Koos du Plessis, Lucas Maree, Anton Goosen en Coenie de Villiers.
'n Betreklik onbekende Afrikaanse sanger wat sy plek met reg in die uitgelese geselskap sal kan volstaan, is Jacques Steyn van Pretoria. Pop-Opskop wil voorspel dat hy die groot vonds van die jare negentig gaan wees.
En as Jacques se musiek nie in die nuwe dekade 'n vastrapplek gaan kry nie, gaan die Afrikaanse musiekbedryf maar net weer 'n verdoemende oordeel oor homself uitspreek -- almal onthou wat met Clarabelle van Niekerk gebeur het.
Die ergste van alles is dat Jacques reeds vyftien jaar musiek maak en dat platemaatskappye en die SAUK nog altyd aan hom gesê het "dit sal nie verkoop nie". Hier is nou 'n bewys soos min dat geld, en nie gehalte nie, die belangrikste maatstaf in die musiekwêreld geword het en dat daar ongesonde monopolië bestaan wat uiters skadelik is.
As 'n mens luister na die musiek wat Jacques reeds in 1977 gemaak bet, besef jy dat hy met vernuw!ng begin het nog voor mense soos Anton Goosen, Coenie de Villiers en Johannes Kerkorrel! Dit is daarom moontlik dat Jacques een van die heel eerste en grootste vernuwers van Afrikaanse musiek was. Daarbenewens is sy musiek en liriek van die beste wat nog in Afrikaans gehoor is.
Omdat die platevedryf en magtige elektroniese media hom soos 'n stiefkind behandel het, het hy al oorweeg om sy toerusting weg te pak en net in die stort te sing.
Gelukkig het kassette met sy muslek daarop in omloop gekom. Mense wat die kassette gehoor het, was so opgewonde daaroor dat hulle dit gedupliseer het. So het Steyn reeds 'n klein kultusgevolgie opgebou. Een aand was 'n groepie jong mense so opgewonde oor Jacques se musiek dat hulle van tienuur die aand tot vieruur die oggend oor en oor na 'n kasset van hom geluister het!
Musiekhefhebbers wat nuuskierlg is, sal bly wees om te hoor dat nog 'n kasset van Jacques, Eksperiment #043Z, later vanjaar beskikbaar sal wees. Hy gaan ook te sien wees in 'n kabaret saam met nog 'n opwindende nuweling, Marita Esterhuyse. Die kabaret se naam is Tango vir 'n tert.
Jacques Steyn se unieke, kontemporêre musiekstyl pas nie in by die Afrikaanse luisterliedjiegenre nie. Sy musiekstyl het 'n deurlopende rock-ondertoon, of hy nou ballades, folk of blues sing.
Benewens sy musiekstyl wat van dié van hierdie genre verskil, is sy lirieke ook meer universeel -- in die kader van Sting of Peter Gabriel. Waar die luisterliedjie-genre fokus op mosbolletjies, beskuit, waterblommetjies en boeretradisies, sing Jacques oor universale temas: die lewe, die dood, en natuurlik die liefde. Daarbenewens lewer hy sosiale kommentaar, soos byvoorbeeld die liedjie Ragabus, waar parallelle tussen godsdiens en rugby getref word, en die skitterende Die storm kom.
Kyk net watter puik liriek skryf hy (uit die liedjie Die dolk van jou kyk):
Ver lê jou wêreld van my kreet /
Jy draai you rug om van my te vergeet /
Maar jy weet die dag as die skaal moet draai /
Val die dolk van jou kyk in jou eie blaai.
Lê die hoop te ver dat jy kan vergeef /
Vergeet en my 'n kans gee om te leef /
Bly dit 'n droom wat met die dag verdwyn /
'n Skim wat net altyd in die nag verskyn?
Wat het geword van jou sagte hand /
En die liefde wat altyd in jou oë sou brand /
Leeg lê beloftes soos 'n dooie blaar -
dis al wat ons oorhou vir mekaar.
Jacques se musiek is alternatief in die sin dat dit nie inpas nie by enige van die Afrikaanse genres, maar eerder by die van internasionale kontemporêre musiek - 'n soort popmusiek uniek in Afrikaans.
Hierdie talentvolle kunstenaar skryf nie alleen sy eie musiek en liriek nie, maar voer dit ook self uit. Hy speel verskeie instrumente: enige soort klawerbord, baskitaar, fluit, tromme en 'n horde effek-instrumente, soos die marimba.
Jacques se musiek is opgeneem in sy studeerkamer -- hy sê hy kan nie 'n ateljee bekostlg nie.
Aan ondervinding kom hy niks kort nie. Dit geld die ateljee sowel as die verhoog. Hy het opnames gedoen in die RPM-ateljees, SAUK-ateljees (Aucklandpark sowel as Pretoria), sowel as in private ateljees.
Sy verhoogondervinding sluit in die Brickhill/Burke-produksie van Mame, wat meer as 'n honderd maal in die Johannesburgse Stadskouburg opgevoer is, optredes in die Staatsteater Pretoria en op talle ander verhoë, insluitend disko's as 'n eenman-orkes.
Daarbenewens bet Jacques ook TV-ondervinding. Hy het as akteur opgetree op die amateurverhoog sowel as in SATV-produksies.
Daar is al baie gesê oor vertalings in Afrikaanse musiek. Selfs op dié terrein versit Jacques bakens. Hy wys hoe vertalings kan werk deur van die sogenaamde dinamiese ekwivalent-metode gebruik te maak.
Vergelyk sy mooi vertaling van die gewilde Windmills of you mind:
Kring, in 'n sirkel my omring/
en 'n wiel draai in spiraal met geen end of 'n begin/
Dis 'n wêreld van karton in 'n karnavalballon/
draai gedagtes deur my kop, wentel kringe om die son/
Dis 'n kerkklok sonder arms deur die aftik van die tyd/
en die wêreld is 'n appel waaraan niemand meer wil byt/
Warrel stilweg in my ruim net die windmeul wat basuin/
Sien ek liefde langs die seestrand in 'n voetspoor in die sand/
Is daai veraf klinkend dreuning net die vingers van jou hand?
Prente hang rond in hul rame in die doolhof van my gees/
halfvergete plek en name, maar wie kan dit tog wees?/
Toe jy weet dit is nou klaarpraat het jy skielik dan besef/
Dat die dooie blare groen word en die somer ons weer tref?
Dis 'n sirkel wat steeds draai
en 'n wiel wat my laat raai,
om en om my laat raai
met geen end of 'n begin,
deur ewig draal omring --
en die beeld homself ontwring...