Rock
Ek het met klassiek en LM Radio grootgeword, so ek skuif maklik tussen musiek genres.
In 1990 het ek 'n band bymekaargeskraap, en dit 2B2 genoem, met die oog op die eerste Afrikaanse rockfees, Houtstok. Dit was die dae toe apartheid in alle vorme nog beleid was en enige pop wat nie middle of the road was nie, was as boos beskou, of ten minste as 'n kommunistiese plot in Afrikaanse gemeenskappe.
Vandag lag ons daaroor. In daardie dae was baie ouens se musiek en ander
talente onderdruk en is veral rowwe rock of rock wat nie oor mooi drome en
sonskyn gaan nie nie aanvaarbaar nie. Sulke rock is glad nie uitgesaai nie, en
daar was nie juis platvorms bekskikbaar vir shows nie. Sommige van ons het
geprostitusiëer om te oorleef. Sommige het waar gebly, en die gevolge gedra
(hoofsaaklik finansiëel). Ek het 'n ander beroep gekies.
Hier is 'n pre-show publisiteitsfoto van Beeld met 'n paar Houtstok performers
-- op daardie stadium was 2B2 nog nie gestig nie.
(van links na regs) Jacques Steyn, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock,
Joost Tonteldoos, Piet Botha, Someone, Anton Goosen (op die sofa ;)
ns verhoed om op te tree op baie platvorms wat bekskikbaar was vir die status
quo. Sommige van ons het geprostitusiëer om te oorleef. Sommige het waar gebly,
en die gevolge gedra (hoofsaaklik finansiëel). Ek het 'n ander beroep gekies.
Die band was:
- Brian Schwarz: dromme
- Jacques Steyn: vocals, keyboards
- Deon Karstel: Bass
- Kay Brugge: Guitar
(van links na regs) Brian, Jacques, Deon, Kay
'n Houtstok viniel album was vrygestel en later ook 'n CD. Twee van ons nommers
is ingesluit:
- In die middle van die nag
- Die dood se snaar
Hier is die voor en agterkante van die CD omslag.
Houtstok-toer
Na afloop van die fees was daar 'n Houtstok-toer wat bestaan het uit Anton Goosen se Kommisie van Ondersoek, Piet Botha se Jackhammer, en 2B2. Ons het selfs 'n jol gehad in Clarens in die Maluti berge (Vrystaat) met 'n verrassende gehoor.
2B2 club scene
2B2 het ook die club scene gedoen. Ons het onder andere 'n gig gedeel met
die reggae outfit van Carlos Djedje:
(van links na regs) Carlos Djedje, Moses Baloyi (Carlos se bestuurder), Jacques
Steyn, Sello Motshekga (van Malidadi)
-- die ander 2B2 ouens was nie beskikbaar vir die
foto shoot nie.
Meer onlangs het ek keys gespeel vir Rock-n-blues outfits soos Undercover Blues Band, en Stormy Monday.